Sielskos op
jou voorstoep
Gesels met
Sielskos:
navrae@sielskos.co.za
Tel: 0711266756
Terug na Tuisblad

Die webplaas wat hierdie werf moontlik maak.
Webteller
Werfbesoekers
sedert 2021/02/05

Geskenk- en bederfpakkies vir jou geliefdes

Elke mens het geliefdes. Daardie enkele mense wat daardie ekstra speiale nessie in jou hart het. Daardie mense wat so nou en dan, daardie ekstra stukkie tasbare dankie vir hulle daarwees, waardig is.

Elkeen van ons wil soms vir iemand ons waardering toon vir iets wat hulle in ons lewe gedoen of beteken het.

Of soms, om baie eerlik te wees, het ons soms die brandende begeerte om ons werkgewers en seniors so net voor die evaluasie vir bonusse en bevordering, op sigbare wyse te herhinder dat ons ook daar is...

Dan speel ons brein woer-woer met ons, en kan ons nie besluit watter geskenk gepas gaan wees nie. Dit is so verbeeldingloos om die algemene massa-produksie geskenke in die supermark of die geskenkwinkel te gee. Jy hoef nie verder te bekommer nie. Sielskos bied aan jou nommerpas geskenpakkies waarmee jy jou opregte waardering kan toon aan hulle wat meer as net die alledaagse waardig is.

Sielskos bied jou ook 'n reeks voorslag-parfume vir dames en mans, waarmee jy jou jou geliefdes, nog meer geliefd kan laat voel. Hierdie parfume kan die kern, of deel van die geskenkpakkie vorm.

Bederf dus vandag daardie spesiale mense in jou lewe en laat Sielskos jou bystaan in die saamstel van die perfekte geskenkpakkie.