Sketse, karikature, portrette, skilderye, logo's en vensterskilderwerk so na jou hart
|
Sielskos beskik oor 'n begaafde kunstenaar wat jou lewe kan definisie gee met die mees lewensgetroue portrette, natuurtonele en wildsketse. Hy is verder 'n meester met karikature.
Hy is net so talentvol met die skep en verf van besigheidslogo's, besigheids-muur en glasskilderwerk, of skilderye. Hy werk in verskeie media. Sy werk is lewensgetrou waar nodig, komies waar nodig, en hartroerend waar nodig.
Hy doen ook strokiesprente wat in strokiesboekies aangaste beskikbaar gestel kan word van troualbums. Jy kan ook jou gesinsalbum, laat teken in sketse en so 'n besondere nalatenskap vir die nageslag agterlaat.
Sosiale klubs en sportklubs sal ook sy gawe om vir hulle besondere spanfoto's in sketsformaat vas te lê kan waardeer.
Hy sal 'n besliste bate wees vir skole en kleuterskole wat in plaas van voorspelbare klasfoto's of jaarfoto's, ook sketsweergawes daarvan aan ouers beskikbaar wil stel.
Hy spesialiseer ook in huldeblyke deur verskeie foto's saam te voeg in een meesterlike kunswerk.
Sy natuur en wild-sketse so uitsonderlik, dat jy as jy dit eers gesien het, beslis 'n paar sal wil aanskaf om jou vaal huis weer met karakter te vul.
Gesels vandag met Sielskos oor hoe jou lewe weer mooi kan word, deur van hulle besonder talentvolle kunstenaar se dienste gebruik te maak.
|