Sielskos op
jou voorstoep
Gesels met
Sielskos:
navrae@sielskos.co.za
Tel: 0711266756
Terug na Tuisblad

Die webplaas wat hierdie werf moontlik maak.
Webteller
Werfbesoekers
sedert 2021/02/05

Kidztranzserv kindertaxi
As die Ooste se verkeer jou teen die dak uit dryf...
Ons sal jou kinders veilig by die skool en terug besorg. deur Sielskos.


Die wekker lui. Die eerste gedagte wat deur jou gedagtes klief is nie om jou tande te bordel nie, maar of jy jou kinders vandag betyds by die skool sal kan besorg. En dan sug jy by die gedagte om hulle weer namiddag te gaan haal.

Dan blÍr jou draadloos 'n verkeersverslag uit en jou moed sak in jou skoene, want die verkeersknope in die ooste van Pretoria is vandag sommer net hier om die hoek, reg tussen jou huis en die skool.

Jy hoef egter nie 'n fortuin aan teensuurmiddels te bestee om jou sooibrand hieroor te beheer nie. Kidztranzserv is tot jou diens en bedien skole in die ooste van Pretoria. Kidztranzserv is 'n bewese en veillige vervoerdiens, wat jou kinders by die huis oplaai, by die skool besorg en vanmiddag weer veilig terug tuis besorg.

As dit vir jou te goed klink om waar te wees, dink weer. Die ware gemoedsrus dat jou kinders veilig by die huis afgehaal sal word en by die skool besorg word, en vanmiddag weer veilig tuis besorg sal word, is nou tot jou beskikking.

Kidztranzserv, tot jou diens. Gestuur, om jou lewe te stroomlyn deur hierdie sloertaak van jou af te neem. Al wat jy hoef te doen, is om jou kroos se gesiggies gewas te kry, hulle tande geborsel te kry en hulle mooi aangetrek te kry, en Kidztranzserv sal hulle by die huis kom oplaai, waarna jy, sonder gewete, nog daardie ekstra uiltjie kan knip.

Kidztranzserv bied jou ook nou, voorslagbeskuit om saam met jou oggendkoffie te geniet nadat hulle jou kinders opgelaai het en jy daardie behaaglike ek-oomblik wat jy verdien, ten volle wil geniet.